Barmhartigheid

Barmhartigheid aan lede van die Gemeente-familie

In ’n familie is dit sonder twyfel die geval dat wanneer een lid ly, ly almal saam en wanneer een lid bly is, is al die ander saam bly. In ’n familie geld ook die ander spreekwoord: “Gedeelte smart is halwe smart; gedeelde vreugde is dubbele vreugde.”

Een van die maniere waarop ons hieraan uiting gee, is om lidmate wat om een of ander rede finansiële nood ervaar tydelik te probeer help met lewensnoodsaaklikhede. Indien jyself nood ervaar, of as jy weet van iemand wat nood ervaar, kan jy gerus een van die dominees daarvan laat weet. Jy kan verseker wees dat hierdie aangeleenthede met die grootste konfidensialiteit hanteer word en dat slegs die persoon by wie jy die nood aanmeld jou naam sal weet.

Dit is natuurlik ook moontlik dat jy graag wil dankie sê vir die gawes wat jy elke dag ontvang, of dat jy wil dankie sê vir hulp wat jy ontvang het toe jy nood ervaar het. Bewys dan gerus jou dankbaarheid deur by te dra tot die Fonds vir Hulp aan Gemeente-familie. Die geld kan in ons gemeente se bankrekening betaal word (ABSA; takkode: 632005; Tjekrekening; No 2900590051; Verwysing: Barmh Gemeentelede).