Carel van der Merwe Beursfonds

Carel van der Merwe Beursfonds

Kort na die skielike dood van ds Gerjo van der Merwe, eerste dominee van die gemeente, is sy seun, Carel, in 1980 in ‘n ongeluk oorlede. Mev Helmien van der Merwe het die geld wat deur ’n polis aan haar uitbetaal is, ná Carel se dood, aan ons gemeente geskenk.

Die kerkraad het besluit om hierdie geld te belê en die rente daarvan te gebruik as ’n beurs vir voorgraadse tersiêre studies aan die kinders van gemeentelede. Daar is ook besluit dat daar elke jaar twee deuroffers opgeneem sal word om die kapitaal van hierdie belegging te versterk. Intussen het een of ‘n paar lidmate ook geld geskenk om die fonds te versterk. Tans is die bedrag wat uitbetaal jaarliks uitbetaal word, ongeveer R2300

Die sluitingsdatum vir aansoeke vir hierdie beurs is elke jaar op die laaste dag van Februarie. Kliek gerus hier om die aansoekvorm af te laai – en sien ook daarop al die voorwaardes en ook watter dokumente benodig word saam met jou aansoek.

Vir enige navrae kan die skriba gekontak word by 021 852 5004.