Familie

Familiebediening

Families is vir HH Familiekerk van die grootste belang. Ons as gemeente funksioneer nie net self soos ’n familie nie (ons is mos ’n familie wat liefhet soos Jesus), maar ons wil graag help dat families funksioneer as goedgenoeg families ongeag hulle samestelling. Die goedgenoeg beginsel beteken ons wil mense bemagtig en vrymaak om weg te beweeg van ’n perfeksionistiese uitkyk op families na ʼn goed-genoeg uitkyk op families. Goedgenoeg veronderstel dat ons vier dit wat ons deur die genade van die Here reeds goed doen en onderneem om te groei in die areas waar ons sukkel. Ons as familiebediening doen dit deur op die volgende dinge te fokus:

  • Ons glo dat huwelike maar broos en breekbaar is, daarom hou ons huweliksverrykingsnaweke om huweliksmaats te help om goedgenoeg-huwelike te hê.
  • Ons glo dat hoe nader ouer(s) en kind(ers) aan God beweeg, hoe nader beweeg hulle aan mekaar (en vice versa). Daarom is daar in die kwartaal elke Sondag ’n interaktiewe Familietuisblad wat families instaatstel om met mekaar asook met God te kan ‘connect’.
  • Ons glo dat families kan nie goedgenoeg wees in isolasie nie. Daarom ons hou ook prettige, leersame familiekampe waar families saam met ander families in ʼn sogenaamde eiland-situasie saamkom. Dan sal families rondom verskillende goedgenoeg familie-temas bymekaar kom en ervarings het wat hulle nader aan mekaar bring, maar ook aan ander families. Families wat al hierdie kampe oor die jare bygewoon het, het goeie herinneringe daaraan. Meer as dit wat so is ook goeie bande met ander families gesmee.
  • Ons glo dat ouerskap een van die belangrikste take is wat God aan mense toevertrou het. Goedgenoeg ouers maak erns met Deut. 6:6-9 se opdrag. Ons weet ’n goed-genoeg ouer ‘juggle’ op die balanseertou van elke dag se balanseertou. Hoe kry ’n mens dit reg sonder om dinge te laat val of om self af te val? Ons hou jaarliks ʼn werkswinkel om ouers te help. Die uitkoms van hierdie werkwinkel is: Verbind jou tot ʼn goed-genoeg ouerskapstyl want sulke ouers is die trots van hulle kinders. (Spreuke 17:6)