Gasvryheid

Gasvryheidsbediening

Die gasvryheidsbediening bied aan almal, waar en wanneer hulle kan, die geleentheid om liefde en omgee uit te leef en uit te deel!

Ons is betrokke by verskeie funksies regdeur die jaar, waarvan die mees onlangse:

  • Die Pinkster-Sopkuier;
  • Die Nuwe Intrekkersete;
  • ‘n Uitreik-ete saam met die VGK-Gemeente van Macassar en
  • Vrouemaand wat ook behoorlik gevier is met ‘n baie gesellige “Langtafel Damestee” op die 15de Augustus!

Almal is welkom om deel te wees van die bediening!

“Hoe meer siele;

Hoe meer vreugde!”