Jeug

Jeug

Covid19 het ook ons kategese, soos ons dit ken, op sy kop gedraai.  Nuwe tye bring egter ook nuwe geleenthede!  Ons het die kategese vir eers terug geskuif na die huise toe.  Daar is whatsapp groepe gestig vir die onderskeie ouderdomsgroepe, en ons stuur gedurende die skoolkwartale weekliks ’n kategese geselspapier wat riglyne bied vir die families om oor ’n bepaalde Skrifgedeelte en/of onderwerp te gesels.  Dieselfde materiaal word ook weekliks op die webblad gelaai.

Ons maak ook van die whatsapp groepe gebruik vir ander kommunikasie.  Indien jy nog nie deel is van die ouer whatsapp groepe nie, kontak vir Ewald van Rensburg (gr 4-10) op 082 451 2584 of Hennie Fouche (voorskools tot gr 3) op 082 859 5646.

Ons sal die kategese model aanpas in ooreenstemming met die ‘curve balls’ wat Covid19 ons gooi.

Materiaal vir die week:

Graad R-3
Graad 4-7
Graad 8-10