Seniors

Senior Familielede

Danksy die skoonheid van die Helderbergkom en die baie geriewe wat die dorp bied, is Somerset-Wes ’n gewilde aftree-bestemming. Ons gemeente wil graag in hierdie groep mense se spesifieke behoeftes voorsien, maar wil hulle ook die geleentheid gee om hulle spesifieke gawes tot voordeel van ander aan te wend.

Ouer lidmate in ons gemeente vorm deel van sorgfamilies, wat op ‘n gereelde basis deur ’n sorgwerker besoek sal word.

In sommige van die aftree-oorde word gereeld dienste, bidure en Bybelstudies gehou.

Camelot                        Vierde Woensdag van maand, 14:30

Huis Vonke                   Woensdae, 10:00

Lancelot                        Tweede Woensdag van maand, 15:00

Mount View                   Donderdae, 10:00

Robari                           Dinsdae, 10:00

Die oggenddienste word regstreeks uitgesaai na Huis Vonke en ook na die Ondersteuning-sentrum.

Van tyd tot tyd word ook kort bustoere gereël na interessante plekke in die omgewing.

Kontak gerus vir Hennie Fouché (082 859 5646) vir meer besonderhede.